
Die stand van videospeletjies (deel 1)
カートのアイテムが多すぎます
カートに追加できませんでした。
ウィッシュリストに追加できませんでした。
ほしい物リストの削除に失敗しました。
ポッドキャストのフォローに失敗しました
ポッドキャストのフォロー解除に失敗しました
-
ナレーター:
-
著者:
このコンテンツについて
Welkom by nog ’n episode van Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid.
My naam is Daniël Luttig, en ek is ’n kliniese sielkundige in die noordelike voorstede van die Kaap. Elke episode gesels ek met ’n gas oor ’n kwessie wat vir my interessant is, wat alledaags in ons samelewing voorkom, maar wat ook daadwerklik ‘n impak op mense se lewens kan maak. Saam bespreek ons die onderwerp en probeer maniere vind om ons gedagtes te ontwikkel en te navigeer.
In die derde aflewering van my nuwe podsending, bespreek ek en Ben Vorster, 'n gamer van formaat, die stand van sake in die videospeletjie-industrie. Ons gesels dus oor:
- 02:51 Hoekom Ben 'n completionist gamer is
- 19:37 Joernalistiek se veranderende landskap
- 24:01 Opgeblase games ten koste van diepte en substans
- 38:31 Vryheid in videospeletjies
Dink en gesels graag saam met ons!
Hierdie episode is op 3 Mei 2025 opgeneem.
*Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen dokter/kliënt-verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.
Volg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/